Darius Mienie (Jongste Seun)

My naam is Darius Mienie(15) ek is Kallie Mienie se jongste seun my pa is my alles hy het my geleer hoe om n man te wees ek en my pa het mekaar baie goed verstaan. Hy is die beste pa wat ek kon voor gevra het, hy was altyd daar wanneer ek hom nodig gehad het nou is ek hier vir hom as hy my nodig het.

My pa het my altyd geondersteun met alles as ek n rugby game gehad het was hy altyd daar ek het hom altyd gehoor as ek speel dan skree hy vir my “tel die bal op” en as ek n drie gedruk het dan vat hy my vir n roomys .

Ek is baie dankbaar dat hy nog hier is nou sal ek by hom staan soos die man wat hy my groot gemaak het. 

Ek mis die man wat hy was maar is hy nog by ons en dit is al wat saak maak.

 Hy was daar toe ek my eerste bal gevang het, my eerste drie gedruk het en toe ek my eerste bok geskiet het. Dit was een van die beste dinge wat ek en my pa saam gedoen het. Op sy af tyd het ons n pa en seun jag trip gegaan op my oupa se plaas. Hy het altyd my eerste laat skiet, ek en hy was soos ketie en klip. Hy was ook daar om my te leer bestuur 

Ons gaan nou deur n moelike tyd maar ek en my ma sal deur dit kom. My ma is n baie sterk ma en ook die beste ma. Sy probeer die beste om vir ons te gee wat ons nodig het en ek is dankbaar daar voor, daar is nie n sterker vrou as my ma nie. Sy weet altyd wat om te doen in moeilike situasies.

Ek help maar waar ek kan soos as my ma werk toe gaan dan kyk ek na my pa.

Ek is uit die skool uit om my ma te help met my pa en ander redes, maar ek wil graag terug skool toe om my drome te beryk as n boer. 

Ek is n kind wat in die Here glo en my hart se vir my daar gaan n engel kom om ons te kom help ek glo in my God, my God is sterk en gaan my pa ook weer sterk en gesond maak

CONTACT US